‘n Bloem-sersant is vir haar ondersoekwerk vereer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 7
- 1 min read
Bloemfontein-sersant, Badiri Nthoba, is onlangs by die Women in Media Awards vir haar werk in die polisiediens vereer.
Volgens Netwerk24 is sy aan die eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe verbonde, en het die prys vir die beste vernuwer in polisiediens en ondersoekwerk ontvang.
Sy het net die dag tevore nog ‘n sertifikaat ontvang as die beste leerling in die Economic-Related Crime Scene Learning-program.
Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, se Ntoba is een van slegs drie toegewyde reeksondersoekers in die Bloemfontein.
Sy voeg by Ntoba bestee haar dae en soms ook haar nagte om oortreders van seksuele reeksmisdrywe op te spoor vas te trek.






Comments