top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloem-skrywer vier sy 300ste boek met boodskappe van jong lesers

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Die geliefde Bloemfonteinse kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, vier die verskyning van sy 300ste boek met spesiale gelukwense van jong lesers regoor die land.


Maroela Media berig leerlinge van verskillende skole het videoboodskappe opgeneem waarin hulle Jacobs bedank en vertel hoeveel sy boeke vir hulle beteken.


Volgens een leerder is sy stories snaaks, opwindend en soms ’n bietjie mal, terwyl ’n ander hoop daar is nog honderde boeke wat wag om geskryf te word.


Jacobs vier vanjaar ook 25 jaar as skrywer. Sy nuwe boek, Vreemde dinge kan op ’n Dinsdag gebeur, vertel die verhaal van ’n seun wat in ’n wêreld vol vreemde wesens en raaisels beland.


Jacobs se eerste boek het in 2001 verskyn en sy werk is sedertdien in verskeie tale vertaal, met miljoene boeke wat wêreldwyd verkoop is.


Jaco Jacobs. FOTO: Maroela Media
Jaco Jacobs. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page