‘n Bloem-student se dood word ondersoek

Jul 10
1 min read
Die polisie ondersoek die dood van die Universiteit-student Khethang Khaeane, nadat hy vroeër die week in Taustraat in Blomanda, Bloemfontein, raakgery is.
Free State World berig 'n saak van strafbare manslag is geopen en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Volgens die polisie moet die nadoodse ondersoek en ander forensiese verslae nog afgehandel word om die presiese omstandighede van die voorval te bepaal.
Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie sal bewerings wat op sosiale media versprei word, as deel van die ondersoek geëvalueer word.
Die publiek word gevra om nie onbevestigde inligting te versprei wat die ondersoek kan benadeel nie.









Comments