top of page

‘n Bloem-tienermodel wen ‘n gesogte kroon in Paraguay

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 8, 2025
  • 1 min read

'n Tienermodel van Bloemfontein, Nadia Mqonqo, is in Paraguay as Mej. Tiener Kontinentale Afrika gekroon.


Bloem Express berig die 17-jarige leerling van Petunia Hoërskool in Heidedal, is die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie gesogte titel verower het.


Dit was ook die eerste keer dat sy internasionaal deelgeneem het en om die kroon te wen was volgens haar, ‘n verrassing.


Nadia skryf haar sukses toe aan die ondersteuning en motivering wat sy van veral haar pa en ‘n paar goeie vriende ontvang.


Sy sê hulle herinner haar altyd om gefokus te bly, in haarself te glo en nooit moed op te gee nie.


Nadia Mqonqo. FOTO: Bloem Express
Nadia Mqonqo. FOTO: Bloem Express


Comments


bottom of page