top of page

‘n Bloemfontein-akademie dink ‘buite die kraal’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 27, 2025
  • 1 min read

Die Internasional Agricultural Academy for Africa (i3A) in Bloemfontein en die Ba Isago-Universiteit van Botswana dink buite die kraal om Afrika se landbou-uitdagings aan te pak.


Netwerk24 berig ‘n ooreenkoms om die eerste private Baccalaureusgraad in landbou in Suider-Afrika aan te bied, is onderteken.


Die graad stel studente in staat om plaasbestuurders, tegniese verkoopadviseurs asook onder andere primere veeprodusente of landbou-verkoopsverteenwoordigers te word.


Studente met die landbougraad kan ook kies om vir ‘n honneursgraad in landbou, diereproduksie of agronomie en plantkunte in te skryf.


Dié Afrika-oplossing vir Afrika-probleme streef ‘n drieledige doel van toeganklikheid, gehalte en samewerking na.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page