‘n Bloemfontein-buurtwag spoor ‘n gesteelde motorfiets op
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 30
- 1 min read
Die AfriForum Buurtwag se Sektor 3 nood-WhatsApp-groep is vroeg vanoggend geaktiveer nadat ‘n oplettende lid ‘n motorfiets diefstal in Jasmynlyn, Bloemfontein opgemerk en gerapporteer het.
Volgens ‘n plasing op sosiale media het ‘n AfriForum911 reaksie-eenheid onmiddelik gereageer en die area deursoek.
Met bystand van ‘n ITR Sekuriteit is die gesteelde motorfiets later by Brandkop opgespoor, waar dit tussen bossen en take versteek was.
Luidens die plasing het die Parkweg-polisie by die toneel oorgeneem.






Comments