top of page

‘n Bloemfontein-moordenaar is agter tralies

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 26
  • 1 min read

Die Bloemfontein-landdroshof het ‘n moordenaar tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.


Die voorval het in 2023 plaasgevind toe beamptes op patrollie, deur gemeenskapslede op die hoek van Hanger- en Charlotte Maxekestraat in Parkweg voorgekeer is.


Die aanvaller het van die toneel verdwyn na hy ‘n 32-jarige man doodgesteek het.


‘n Saak van moord is by die Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak, met die getuies wat ‘n volledige beskrywing van die verdagte gegee het.


Die moordenaar het weggekruip, maar ‘n wenk van die publiek het die polisie na die skuilplek in Sone 4 in Thaba Nchu gelei, waar hy in hegtenis geneem is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page