top of page

‘n Bloemfontein-skrywer wen nog Woordveertjies

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 2
  • 1 min read

Die Bloemfonteinse kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het nog Woordveertjies by sy versameling vir uitmuntende Afrikaanse kinderboeke gevoeg.


Bloemnuus berig die kinderboekpryse word jaarliks deur die ATKV uitgegee om die gewildste kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.


Om die eerbewys van ander te onderskei is die beoordelaars jong leerders self.


In die selflees-kategorie vir gr. 2 en 3 het die kinders Jacobs se boek Stink Sokkies gekies en vir die gr. 4 en5’s was sy boek Minki se verjaarsdag die wenner.


Jacobs het al 38 Woordveertjies gewen en sê die prys is super spesiaal omdat kinders self stem.


Jaco Jacobs. FOTO: Bloemnuus
Jaco Jacobs. FOTO: Bloemnuus


Comments


bottom of page