top of page

‘n Bloemfontein-versnit is onder Suid-Afrika se top-wyne

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 9
  • 1 min read

Die Vrystaat-wynproewersgilde het ‘n tweede plek in die jaarlikse nasionale Blaauwklippen-versnitkompetisie losgeslaan.


Dit met ‘n versnit wat hier in Bloemfontein vermeng is. Bloemnuus berig die kompetisie, wat vanjaar vir 42ste keer aangebied is, het 65 inskrywings van oor die land heen getrek.


Volgens ‘n lid van die gilde, De Villiers Brink, mag die versnit nie minder as 5% of meer as 60% van die verskafte wyne bevat nie, en moet dit bepaalde verouderingspotensiaal hê.


Brink sê die Vrystaat-wynproewersgilde het reeds verskeie kere aan hierdie kompetisie deelgeneem, maar die is die beste wat hulle nog gevaar het. 


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page