‘n Bloemfonteiner blink uit in Suid-Afrika se eerste preserveerkampioenskap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
‘n Gewilde uitstaller op die Langenhovenmark in Bloemfontein se vyfvrugte-marmelade is op Lanzerac in Stellenbosch as die kampioen in die marmalade-afdeling aangewys. Die wenproduk is een van 456 inskrywings van 66 vervaardigersin die nuutgestigte Suid-Afrikaanse preserveerkampioenskap, aangebied deur die oudste landbougenootskap in die land, Agri-Expo. Bloemnuus berig Petro Jordaan, wat al talle pryse vir haar gebottelde produkte gewen het, is baie in haar noppies met dié eerbewys. Jordaan sê sy het van die kompetisie gehoor en besluit om dié marmelade wat van vyf sitrusvrugte : lemoen, suurlemoen, pomelo, naartjie en koemkwat gemaak word, in te skryf.






Comments