top of page

‘n Bloemfonteiner is as semifinalis in die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 15
  • 1 min read

Bloemfonteiner Mirna Butler is as semifinalis in die AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys.


Volgens Butler is dit ‘n groot eer om as semifinalis aangewys te word, maar sy voeg by die ware beloning is die oorweldigende ondersteuning van die gemeenskap asook haar vriende en familie.


Meer as 450 entrepeneurs het sedert 2017 vir die kompetisie ingeskryf en meer as 25 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem.


Finaliste word volgende week bekend gemaak en hulle sal dan deurdring na die finaal wat in November plaasvind.


Vanjaar se kompetisie is vir entrepeneurs wat langer as 1000 dae bestaan en reeds winsgewind is maar net vir ‘n maksimum van 10 jaar in die bedryf is.


Mirna Butler. FOTO: Verskaf
Mirna Butler. FOTO: Verskaf


Comments


bottom of page