top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloemfonteiner is onder die land se top boereworsmakers

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7
1 min read

'n Bloemfonteiner is onder die land se top boereworsmakers nadat sy resep tot die eindronde van vanjaar se Championship-boereworskompetisie deurgedring het.


Volgens Bloemnuus Express is Luhan Pretorius van Fichardtpark een van die tien finaliste.


Pretorius, wat as afdelingsbestuurder van Checkers se Meat Market in Bloemfontein werk, sê hy gebruik al die afgelope 25 jaar dieselfde boereworsresep.


Die finaliste ding volgende naweek mee om as wenner van Checkers se Championship-boereworskompetisie aangewys te word.


Die wenresep sal later vanjaar by Shoprite- en Checkers-winkels landwyd verkoop word, terwyl die wenner ook 'n Toyota Fortuner en kontantpryse sal ontvang.


 Luhan Pretorius. FOTO: Bloemnuus Express
 Luhan Pretorius. FOTO: Bloemnuus Express

 
 
 

Comments


bottom of page