top of page

‘n Bloemfonteiner is tuis na haar ysige marathon

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 17
  • 1 min read

‘n Bloemfonteinse eiendomsagent en ma van twee is terug van die yskoue Antarktika waar sy 50km in die Ice Ultramarathon voltooi het.


Bloemnuus berig die 50-jarige Woutri Mugglestone wat n oudleerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje en voormalige verpleegkundige is, sê sy het dié wedloop aangepak om vir mense hoop te gee.


Volgens Mugglestone het sy op ‘n punt in haar lewe gekom waar sy nie meer geweet het wat dit is om regtig te lewe nie.


Sy het besef werk is nie alles nie, en toe besluit om die onbekende aan te pak. 


Mugglestone het die 50km in 8 ure en 11 minute voltooi, sy voeg by as jy so in die ys hardloop, ontdek jy jou innerlike krag.


Woutri Mugglestone. FOTO: Bloemnuus
Woutri Mugglestone. FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page