top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloemfonteiner kry twee lewenslange vonnisse vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

'n Bloemfonteinse man is tot twee lewenslange vonnisse gevonnis nadat hy 'n jong vrou wat onder sy sorg was - en hom as ‘n vaderfiguur beskou het, herhaaldelik verkrag het.


Volgens ‘n mediaverklaring van die Nasionale Vervolgingsgesag het die misdrywe in 2024 plaasgevind toe die 20-jarige slagoffer by die man en sy vrou gewoon het.  


Die streekhof in Bloemfontein het die man skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting en beveel dat die vonnisse nie gelyktydig uitgedien word nie.


Om die indentiteit en privaatheid van die slagoffer te beskerm word die beskuldigde se naam nie bekend gemaak nie.


Die hof het ook gelas dat die man se besonderhede by die Nasionale Register vir Seksoortreders gevoeg word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page