‘n Bloemfonteiner se orgaanskenking verander lewens
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die 28-jarige Deon van der Berg van Bloemfontein se orgaanskenking verander reeds die lewens van verskeie mense ná sy dood in ’n motorongeluk die afgelope naweek.
Volgens Nova News was daar ’n gewyde atmosfeer by Mediclinic Bloemfontein toe personeel Amazing Grace gesing het terwyl Deon na die teater geneem is vir die orgaanskenkingsproses.
Deon, ’n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en gekwalifiseerde chemiese ingenieur, is Saterdag in ’n ongeluk in Dan Pienaarrylaan oorlede.
Sy pa, Danie, sê die familie het aanvanklik gesukkel met die besluit oor orgaanskenking, maar besef Deon sou ander mense wou help.
Een van die ontvangers van Deon se niere is die 25-jarige Arno Taljaard, ’n oudleerling van die Hoërskool Fichardtpark.
Arno, wat met ’n genetiese niersiekte leef, het Dinsdag ’n nieroorplanting in Bloemfontein ondergaan.
Volgens Mediclinic gaan verskeie mense nou lewensbelangrike organe ontvang danksy Deon se skenking.








Comments