top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Bloemfonteiner skiet 'n kolskoot ten spyte van kanker

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 10
  • 1 min read

'n Bloemfonteiner in murg en been, Maxwell van Vuuren, het vir die vierde keer in sy lewe die Suid-Afrikaanse Kleingeweerkampioenskapstitel gewen. Dié kampioenskap is by die skietbaan net buite Bloemfontein gehou.


Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat Van Vuuren met terminale pankreaskanker gediagnoseer is.


Van Vuuren vertel aan Rosestad-nuus hy het die kampioenskap die eerste keer in 2003 gewen toe die Walliese skietspan hier kom deelneem het. Alle aanduidings was dat die kompetisie vir die eerste keer in 26 jaar deur 'n buitelander gewen sou word, maar Van Vuuren het toe van die wêreld se bekendste skuts stof in die oë geskop.


Van Vuuren sê buiten daardie eerste groot wen, was hierdie jaar se kampioenskap vir hom uiteraard baie uitdagend, veral weens die kanker.


LUISTER HIER:


Maxwell van Vuuren



 
 
 

Comments


bottom of page