‘n Bloemfonteiner soebat glo stakende hospitaalwerkers om sy ma te help
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
‘n Bloemfonteinse man sê sy ma is oorlede nadat sy glo mediese hulp weens ‘n staking by die Pelonomi-hospitaal geweier is. Volgens Netwerk24 beweer Stefan Muller hy het mediese personeel by Pelonomi gesmeek om sy ma te help en is na die Universitas-hospitaal verwys waar sy met haar aankoms dood verklaar is. Netwerk24 berig verder dat hulle ‘n video waarin Muller glo die bestuurder van ‘n ambulans om hulp vra, onder die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, se aandag gebring het. Volgens Mvambi moet hulle ‘n amptelike klag by die hospitaal indien sodat dit volledig ondersoek kan word. Die 62-jarige kankerlyer, Diane Smith, is Saterdag in die Bainsvlei-begraafplaas ter ruste gelê.






Comments