‘n Bloemfonteiner trap fiets om kinders te help
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 16
- 1 min read
Om kinders te help sal die lang pad tussen Bloemfontein en Kaapstad binnekort per fiets deur ‘n plaaslike jong biokinetikus aangepak word.
Bloemnuus berig Bea Labushagne het verlede jaar haar studie aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.
Sy vertel die Here het dit op haar hart geplaas om so ‘n uitdaging te onderneem.
Labuschagne het ‘n niewinsgewende organisasie, Prosper in life with Christ, geregistreer en gaan as eerste bewusmakingsveldtog en om geld vir dié organisasie in te samel saam met haar ondersteuningspan die tog na Kaapstad onderneem.
Haar oogmerk is om leerders wat dit nie kan bekostig nie geldelik met sport- en akademiese ontwikkeling te ondersteun.







Baie positief!!