top of page

‘n Bloemfonteiner veg om haar lewe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 16, 2025
  • 1 min read

‘n Slagoffer het om haar lewe by Rooidam buite Lourierpark, Bloemfontein geveg.


Dit nadat twee mense haar aangeval het toe sy hulle kennis gegee het om haar perseel te ontruim.


Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die winkeleienaar het na die slagoffer hul kontrak beëindig het, aangebied om haar na ‘n winkelsentrum te neem.


Die eienaar en sy vriend het by Lourierpark afgedraai en haar met ‘n stomp voorwerp, vermoedelik ‘n gholfstok, aangeval.


Die slagoffer sterk in die hospitaal aan.


‘n Saak van poging tot moord is by die Parkweg-polisiestasie geopen.


Ter illustrasie. FOTO: Insider Chronicle
Ter illustrasie. FOTO: Insider Chronicle

Comments


bottom of page