top of page

‘n Bloemfonteiner verskerp globale waardering vir die heelal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 21
  • 1 min read

Bloemfonteiner en gereelde kuiergas op Rosestad 100.6fm se Met die maan gepla, Léon Snyman, is as voorsitter van die African Planetarium Association verkies.


Luidens ‘n plasing op Odeion Skool vir Musiek se sosiale media, het Snyman ook vanaf die begin van die jaar die rol van raadslid aan die International Planetarium Society vir Afrika aanvaar.


Hiermee gaan hy voort om professionele ontwikkeling, wetenskapgeletterheid en die integrasie van kunste en geesteswetenskappe te bevorder.


Dit versterk die globale waardering en begrip vir die heelal en ons plek daarbinne.


Beide hierdie organisasies dien ook as kreatiewe en samewerkende platforms vir innovasie en samewerking tussen koepelteaters wêreldwyd.


Léon Snyman. FOTO: Facebook / Joseph Kunnuji
Léon Snyman. FOTO: Facebook / Joseph Kunnuji

 

Comments


bottom of page