top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloemfonteiner verwerf skaak se hoogste internasionale titel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
10 hours ago
1 min read

'n Bloemfonteinse skaakkenner het die tweede vrou in Suid-Afrika geword om die gesogte titel van FIDE Internasionale Arbiter te verwerf. Dit is die hoogste kwalifikasie wat die Internasionale Skaakfederasie aan arbiters toeken.


My City Bloemfontein berig Anjurie De Wet het in 2012 Smart Chess in Bloemfontein gestig, wat talle jong spelers help om tot op provinsiale en nasionale vlak te vorder. De Wet lei ook afrigters, onderwysers en arbiters op.


Sy is die Vrystaat Skaakfederasie se provinsiale hoofafrigter, dien op die Vrystaat Skaak se uitvoerende komitee en Skaak Suid-Afrika se komitee vir persone met gestremdhede. Sy beskik ook oor die FIDE-kwalifikasie as nasionale instrukteur.


De Wet help ook met die organisering van die Mzansi Jeugskaakkampioenskap by die Universiteit van die Vrystaat van 13 tot 19 Desember.


Anjurie de Wet. FOTO: Facebook
Anjurie de Wet. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page