top of page

‘n Bloemfonteiner wat sy 11-jarige dogtertjie betas kry 'n opgeskorte vonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 27
  • 1 min read

‘n Bloemfonteiner wat gebieg het hoe hy sy 11-jarige dogtertjie betas het, is ‘n opgeskorte vonnis in die stad se streekshof opgelê. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, Loraine Earle, is hy tot vyf jaar tronkstraf, wat geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Die hof het ook gelas dat die man se naam in die register vir seksoortreeders opgeteken word. Volgens Earle volg die vonnis nadat sy dogtertjie in Maart vanjaar haar ma vertel het dat haar pa haar betas het. Earle voeg by dit het verskeie kere vantevore ook gebeur. Die Ma het die Pa gekonfronteer, waar hy in ‘n Whatsapp-boodskap oor sy dade gebieg het.  

 
 
 

Comments


bottom of page