’n Bloemfonteinse aktrise verteenwoordig SA in Ghana

’n Aktrise van Bloemfontein verteenwoordig Suid-Afrika in Ghana as deel van die derde seisoen van die Africa Monologue Challenge.
Volgens My City Bloemfontein neem Melane Hamman saam met kunstenaars van regoor Afrika en die diaspora aan die Pan-Afrikaanse toneel- en kultuurinisiatief in Accra deel.
Hamman is vroeër vanjaar as een van die finaliste aangewys nadat meer as 2 000 inskrywings van regoor Afrika en die diaspora ontvang is.
Die Africa Monologue Challenge bied aan Afrika-kunstenaars en storievertellers ’n platform en bevorder kulturele uitruiling en samewerking.
Hamman was ook te sien in die rolprent Repercussions en is ’n oudstudent van die Universiteit van die Vrystaat.
Sy kry nou die geleentheid om haar talent op ’n kontinentale verhoog te wys en terselfdertyd haar tuisstad te verteenwoordig.







Comments