‘n Bloemfonteinse bedrog-en afpersingsaak neem ‘n nuwe wending
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 30
- 1 min read
Die bedrog- en afpersingsaak waarby 'n 40-jarige man van Botshabelo betrokke is, het 'n nuwe wending geneem na hy vrygelaat is. Volgens BloemExpress het die polisie, insluitend die Bloemfonteinse Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan, die man vroeër die week in hegtenis geneem. Dit volg op bewerings dat hy geld geëis het in ruil vir inligting rakende fop beplande gewapende rooftogte in die Mangaung Metro Munisipaliteit. Aanvanklik sou die man Donderdag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn het op aanklagte van bedrog, afpersing en regsverydeling, maar volgens ‘n provinsiale woordvoerder van die Valke is die man vrygelaat en het die verhoor nie plaasgevind nie aangesien die saak nie op die hofrol geplaas is nie.





Comments