‘n Bloemfonteinse buurtwag betrap ‘n vermeende dief op heterdaad
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 4, 2025
- 1 min read
‘n Vermeende dief is met ongeveer R12 000 se gesteelde infrastruktuur in sy besit in Monumentweg, Bloemfontein aangekeer. Dit volg na die AfriForum Buurtwag op ‘n oproep gereageer het oor ‘n verdagte persoon wat aan ‘n lamppaal by ‘n plaaslike slaghuis peuter. Die verdagte is gestop en gevra om sy sakke uit te pak. Hy het vrywillig saamgewerk en daar is onderandere ‘n knip tang, skêr en elektriese drade in sy sakke gevind. Die polisie het die verdagte na die Parkweg-polisiestasie geneem waar ‘n saak van gesteelde goedere teen hom geopen is. Intussen is die Metro se elektrisiteitsverskaffer Centlec ook verwittig wat moontlik die saak na beskadiging van infrastruktuur gaan eskaleer.







Comments