top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bloemfonteinse graad 11-leeder is glo deur fop-polisiebeamptes ontvoer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 6, 2025
1 min read

‘n Graad 11-leerder van die Martie du Plessis Skool in Fichardtpark, Bloemfontein, is glo deur twee mans, wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, ontvoer. Luidens ‘n mediaverklaring is ‘n soektog na die 19-jarige Kamogelo Baukudi van stapel gestuur. Die polisie sê Baukudi en Daniel Malebatsodeur, wat hom by die skool opgetel het, is deur twee mans in 'n wit dubbelkajuit met blou ligte afgetrek. Hulle het glo die leerder-hulle gekonfronteer en hulle meegedeel dat hulle daarvan verdink word dat hulle dwelms aflewer. Een van die verdagtes het glo 'n polisie-uniform aangehad en die ander 'n blou sweetpak. Die selfone van beide Daniel en Kamogelo is onder die brug op Ferreraweg gevind. 'n Saak van ontvoering en die voordoen as die polisiebeamptes is by die Parkweg-polisiestasie geopen.

 
 
 

Comments


bottom of page