‘n BFN-instituut sluit die jaar op ‘n hoë noot af
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 15, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 17, 2025
Die Peritum Agri Instituut in Bloemfontein sluit die jaar op ‘n hoë noot af ná hulle amptelik hoër onderwysstatus verkry het.
Die instituut sê op sosiale media hulle het die afgelope 24 jaar 'n sterk reputasie in die landbousektor gevestig.
Nie net as ‘n opleidingsvennoot vir landboubesighede in Suid-Afrika nie, maar ook as 'n private landboukollege waar meer as 250 studente jaarliks vir landboustudies inskryf.
Maroela Media berig volgens die instituut se direkteur van strategie, navorsing en ontwikkeling, Emmie Pieterson, is hulle diep dankbaar en ongelooflik opgewonde om die jaar so te kan afsluit.
Pieterson voeg by dié mylpaal is die gevolg van jare se strategiese beplanning, harde werk en ‘n duidelik visie vir die toekoms van landbou-opleiding in Suid-Afrika.







Comments