'n Bloemfonteinse kampioen verloor sy stryd teen kanker

Jul 27
1 min read
Die Bloemfonteinse kleingeweerskutter Maxwell van Vuuren is die naweek oorlede.
Netwerk24 berig hy is in 2024 met fase 4-pankreaskanker gediagnoseer, maar het ondanks sy siekte vroeër vanjaar sy vierde Suid-Afrikaanse kleingeweerkampioenskap verower.
Van Vuuren is deur vriende onthou as 'n positiewe, vasberade sportman wat tot die einde aktief gebly het.
Hy word deur sy seun, Owen, sy moeder Linda en sy meisie Lizanne Nadel oorleef.









Comments