top of page

'n Bloemfonteinse ma en dogter is in die hof vir die beweerde moord vir polisgeld

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 28, 2025
  • 1 min read

’n Ma en dogter van Bloemfontein het glo honderdduisende rande in begrafnispolisse op drie beweerde niksvermoedende slagoffers uitgeneem, en hulle dan later na bewering vermoor.


Volksblad berig die drie verdagtes, Bontle Maruping, haar ma, Kelebogile Maruping, en Itumeleng Goabotse, almal van Rocklands in Bloemfontein, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Hulle sal die naweek agter tralies deurbring om teen Maandag regsverteenwoordigers aan te stel.


Hulle staan tereg op 16 aanklagte van onder meer moord, bedrog, geldwassery en uitgifte.


Die distrikskommissaris van die Mangaung Metropolitaanse Metro, genl.maj. Arthur Peter Adams, het ná die hofverskyning gesê die polisie sal nie dié soort misdade ongesiens laat verbygaan nie.


Bontle Maruping, haar ma, Kelebogile Maruping, en Itumeleng Goabotse. FOTO: Netwerk24
Bontle Maruping, haar ma, Kelebogile Maruping, en Itumeleng Goabotse. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page