'n Bloemfonteinse man is agter tralies vir die moord op sy meisie en hul baba
- Ilde Roos
- Oct 10
- 1 min read
Een jaar, een maand, en een dag ná die dubbele moord op 'n Bloemfonteinse vrou en hul babaseun, is Itumeleng Pieter Matema tot 22 jaar tronkstraf op die elk van die aanklagte gevonnis.
Netwerk24 berig hy het in die hooggeregshof in Bloemfontein skuld beken, en sal die vonnisse gelyklopend uitdien.
Volgens Matema het ’n rusie uitgebreek nadat sy meisie, Puseletso Sebata, ’n oproep op sy selfoon geantwoord en dit ’n ander vrou was wat gebel het. Hy sê hy het baie kwaad geword en sy pistool uitgehaal, waarna hy Sebata en hul seuntjie, Bohlale Sebata, geskiet het.
Hy sê hy kan nie ’n rede gee waarom hy dit gedoen het nie, aangesien hy nie van nature ’n gewelddadige mens nie en nog nooit met die gereg gebots het nie.
Matema is later dieselfde dag in Botshabelo in hegtenis geneem.

Comments