'n Bloemfonteinse polisiebeampte is glo deur 'n kollega doodgeskiet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 10
- 1 min read
'n Bloemfonteinse polisiebeampte is na bewering deur 'n mede-beampte doodgeskiet.
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (IPID) ondersoek die skietvoorval, wat Saterdag by die Bloemspruit-polisiestasie plaasgevind het.
Die verdagte en slagoffer se identiteite is nie bekend gemaak nie.
Nova News berig IPID-woordvoerder Phaladi Shuping sê die beamptes was op parade, waarna die twee met 'n dienspistool besig was.
Die ander beamptes het glo 'n geweerskoot gehoor, waarna die slagoffer inmekaar gesak het.
Die beampte is op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar.
Besonderhede oor die insident, en 'n moontlike motief is nog nie bekend nie.
Die saak is aan die IPID gerapporteer, en die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Die ondersoek duur voort.






Comments