'n Bloemfonteinse polisiesersant word vermis
- Armando Pieters

- Aug 7
- 1 min read
Die 47-jarige polisiesersant Vuyiswa Martha Nduna, gestasioneer by die Bainsvlei-polisiestasie, word vermis. Sy is verlede Vrydag laas by haar woning in Abrahamskraal, Bloemfontein, gesien. Sy het beplan om na haar familiehuis in Mthatha, Oos-Kaap, te reis en het selfs 'n buskaartjie by 'n kompleks in Langehovenpark gekoop. Luidens ‘n mediaverklaring het sy haar seun gevra om 'n taxi te skakel om haar na die busterminus by die Toerismesentrum neem. Daar is egter geen bewyse dat sy ooit op die bus geklim het nie. Owerhede doen 'n beroep op enigiemand wat haar moontlik gesien het of inligting het oor waar sy is om vorendag te kom.





Comments