top of page

‘n Bloemfonteinse rekenmeester is in ‘n kritieke toestand na ‘n motorongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

Familie van die 80-jarige Bloemfonteinse rekenmeester, Kobus Spies, vra dat mense hom in hul gebede sal opdra. Spies is in ‘n kritieke toestand na die ongeluk wat sy vrou, Setta, se lewe geëis het. Netwerk24 berig verder Spies is per lugambulans na die Netcare Alberton-hospitaal geneem nadat hy en Setta vroeër die week in ‘n ongeluk op die N1 buite Parys was. Spies se toestand het intussen verswak nadat hy gestabililseer is en in ‘n bestendige toestand was. Setta is op die toneel dood verklaar. Sy was ‘n voormalige lid van die destydse Aartappelraad en het vanjaar haar 50ste jaar as lid van die Vrystaatse Vrouelandbou-unie gevier. Reëlings vir haar roudiens is nog nie gefinaliseer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page