‘n Bloemfonteinse taxibaas word gehervonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 26
- 1 min read
’n Taxibaas van Bloemfontein is deur die hooggeregshof tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir grootskaalse bedrog van miljoene rand.
Volgens Netwerk24 volg dié vonnis nadat die staat suksesvol appèl aangeteken het teen ’n vroeëre opgeskorte straf.
Nthapeleng Serame, sakeman en taxi-eienaar, is skuldig bevind op honderde aanklagte wat verband hou met bedrog teen die Mangaung-metro.
Die hof het bevind dat hy doelbewus kwotasies en fakture onder R30 000 gehou het om tenderprosesse te omseil.
Die skema het tussen 2007 en 2008 plaasgevind en het die metro miljoene gekos. Die bedrog is uiteindelik ontbloot ná ’n fluitjieblaser en ’n SAID-werknemer die polisie ingelig het.
Die hof het die aanvanklike vonnis as onvanpas bestempel en beklemtoon die erns van korrupsie binne staatsinstellings.








Comments