top of page

'n Bloemfonteinse trou-venue se bestuurder word aangekla van diefstal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 24
  • 1 min read

'n Bestuurder van die Goosehill Wedding and Guest Farm buite Bloemfontein word daarvan beskuldig dat sy fakture gemanipuleer sodat kliënte sowat R150 000 in haar persoonlike rekening betaal het.


News24 berig die eienaar van Goosehill, Johan Goosen, beweer voorts die betrokke bestuurder, Monique Fouché, het haar eie kaartbetaalmasjien gehad waarmee sy betalings aanvaar het.


Goosen sê Fouché het bedank nadat hy agtergekom het dat sy na bewering ’n wasmasjien, tuimeldroër en kos vir haarself op die venue se rekening gekoop het en dit by haar huis laat aflewer het.


Fouché het 'n boodskap aan Goosen gestuur waarin sy om verskoning vra, en ook vra vir 'n kans om die geld terug te betaal.


Fouché se prokureur, Gerrit du Toit, sê by navraag hulle verkies om nie kommentaar te lewer nie.


FOTO: News24
FOTO: News24

Comments


bottom of page