‘n Bloemfonteinse verkragter is op vrye voet
- Armando Pieters

- Feb 24
- 1 min read
‘n 38-jarige man van Botshabelo, Bloemfontein, word gesoek nadat hy glo ‘n vrou vir dae lank herhaaldelik verkrag en haar vriendin vermoor het. Die 30-jarige vrou en haar 38-jarige vriendin is volgens ‘n mediaverklaring van die polisie na die man se huis, nadat hy belowe het om vir hulle alkohol te gee. Hy het die 38-jarige vrou met ‘n mes gesteek toe hulle die perseel wou verlaat en het daarna die 30-jarige vrou na sy kamer gedwing. Sy het later daarin geslaag om te ontsnap en het na die Botshabelo-polisiestasie gehardloop. Die vrou se vriendin is deur mediesepersoneel op die toneel dood verkaar.





Comments