‘n Bloemfonteinse vrou is skuldig bevind na haar pitbull ‘n kind aanval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
Die Bloemfonteinse Streekshof het ‘n 43-jarige vrou skuldig bevind aan strafbare manslag na die tragiese dood van haar buurman se 8-jarige seun, wat deur haar Pitbull aangeval is. Die Streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat sê in ‘n mediaverklaring die vrou het drie honde besit, waarvan een 'n Pitbull wat bekend vir sy aggressiewe gedrag was. Die hond het glo verskeie kere inwoners in die gebied geterroriseer. Op die dag van die voorval het die Pitbull uit haar erf losgebreek en die jong seun aangeval terwyl hy in die motorhuis gespeel het. Die kind is op die toneel oorlede. Die saak is tot 2 September vir vonnisoplegging uitgestel.






Comments