'n Bloemfonteinse vrou se Facebook-plasing oor 'n ongelukstoneel het 'n reuse-impak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 31, 2025
- 1 min read
'n Bloemfonteinse vrou, Lara Rossouw, het raad op haar Facebook gedeel het nadat sy op ‘n ongelukstoneel buite Jansenville in die Oos-Kaap afgekom het.
Bloemnuus berig dié plasing het ‘n reuse-impak gehad om mense in te lig oor wat om in so ‘n situasie te doen. Haar Facebook-inskrywing is al meer as 4 000 keer gedeel en meer as 1,5 miljoen mense het dit al gelees.
Rossouw was vroeër vandeesmaand van Gqeberha na Bloemfontein op pad toe sy eerste op die toneel van ‘n botsing reg van voor afgekom het. In die Facebook-inskrywing vertel sy van haar ervaring, en sy het ook by ‘n kenner raad gekry en dit stapsgewys gedeel.
Sy sê sy het nie gedink berading is nodig nie, maar voeg by dat maak nie saak hoe goed jy dink jy voel as jy trauma beleef het nie, jy berading moet kry.
Klik hiervir die Facebook-plasing.






Comments