'n Boer doen navorsing ten einde veediefstal te probeer bekamp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Sep 30, 2025
- 1 min read
In 'n poging om misdaad te bekamp en om vertrouensverhoudinge te kweek, is 'n Vrystaatse boer en lektor besig met navorsing oor misdaadtendense in Vrystaatse plaasgemeenskappe.
ʼn Senior lektor aan Unisa se skool vir strafregpleging, Willie Clack, doen ʼn beroep op alle boere, van bestaansboere tot dié wat op groot of klein skaal boer, om deel te neem aan ʼn ondersoek wat ten doel het om te bepaal hoe hulle terugveg teen veediefstal – ʼn misdaad wat plaasgemeenskappe jaarliks miljoene rande kos en voedselsekuriteit bedreig.
Maroela Media berig Clack sê hy hoop om met die navorsing praktiese en bewysgegronde aanbevelings te doen wat vennootskappe tussen die gemeenskap en die polisie kan versterk. Die aanlynvraelys kan tot middel-Oktober voltooi word.
Kliek hier vir die aanlynvraelys.







Comments