'n Boer is aan mensehandel en verkragting skuldig bevind

'n Boer is ná ’n verhoor van meer as 18 maande aan onder meer mensehandel en verkragting skuldig bevind.
Maroela Media berig Louis Lategan van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdag in die hooggeregshof in Makhanda skuldig bevind op ses aanklagte van mensehandel, vyf aanklagte van verkragting, verskeie aanklagte van aanranding asook twee aanklagte van onwettige besit van ammunisie.
Rosestad-nuus het vroeër berig Lategan het glo met Facebook-advertensies en later 'n agentskap ses vroue na sy plaas gelok onder die voorwendsel van au pair- werk. Daar het hy hulle na bewering bedwelm en herhaaldelik verkrag.
Die jong vroue was afkomstig van onder andere Bloemfontein, Emalahleni, Standerton en Amanzimtoti.
Die saak is tot 21 September vir vonnisoplegging uitgestel.








Comments