‘n Boer maak ‘n plan

Saaiboere in die Vrystaat het die afgelope maande swaar getrek met lande wat té nat was om te kon oes. The Citizen berig in die Parys-distrik was dit een van die natste April maande nog die afgelope 50 jaar, maar wanneer die nood druk, maak ‘n boer ‘n plan. Vir Riaan Botha wat as voorman vir CWS Stroopkontrakteurs en Vervoer werk, het die plan om ekstra wiele aan die stropers te sit, soos ‘n bom gewerk. Pleks van die gebruiklike vier wiele op ‘n stroper is aanpassings gemaak om tien wiele in totaal op ‘n stroper te hê. Danksy die plan is ‘n bo-gemiddelde sonneblom en soja-oes op die plaas sowat 14km buite Parys aan die Vredefort-kant geoes. Volgens Botha maak eie boer maar hul eie planne, maar sover werk die ekstra wiele die beste.








Comments