top of page

'n Boer oorleef 'n plaasaanval nadat aanvallers mis skiet

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25, 2025
  • 1 min read

'n Boer van Heilbron se lewe is gespaar nadat sy aanvallers hom vier keer mis geskiet het.

Die boer, wat anoniem wou bly, sê dit is die tweede keer dat hy op sy plaas aangeval is. Met die vorige aanval is iemand na aan hom dood.

Netwerk24 berig die boer het Vrydagaand ’n geraas buite sy huis gehoor en gaan ondersoek instel. Twee mans in kamoefleerdrag en klapmusse het op die boer geskiet, maar al vier skote was mis.

Die boer het sy pistool by hom gehad en teruggeskiet. Niemand is in die voorval beseer nie, en die aanvallers het gevlug.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Loraine Earle, bevestig ’n saak van poging tot moord is by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page