top of page

‘n Boer van die Vrystaat is oorlede na ‘n trein sy stroper tref

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 16
  • 1 min read

ʼn Gedenkdiens word vir ‘n jong-boer van die Vrystaat gehou, na die stoper waarop hy was deur ‘n goederetrein naby Page in Noord-Dakota, VSA, getref is.


Maroela Media berig volgens plaaslike nuuspublikasies het die impak van die botsing die lokomotief aan die brand laat raak en het ongeveer 20 waens ontspoor.


Die 33-jarige Stephan van den Berg is op die toneel dood verklaar.  


Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA (Saccusa) sê hulle is diep bedroef oor die hartverskeurende ongeluk.


Van den Berg se gedenkdiens vind in die NG kerk Bultfontein-Oos plaas.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page