’n Boer van Parma het per ongeluk ’n Bybelse koringvariëteit laat herleef

7 days ago
1 min read
’n Italiaanse boer van Parma het per ongeluk ’n antieke, Bybelse koringvariëteit laat herleef.
Die boer, Claudio Grossi, het uit nuuskierigheid dekades oue sade, wat hy op sy oupagrootjie se solder gevind het, in mis gegooi.
Tot almal se verbasing het die sade uitgeloop in lang stingels met sewe koringare opgelewer, presies soos beskryf in ’n gedeelte uit die Bybelboek Genesis.
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Parma het die geharde, droogtebestande gewas as Triticum turgidum geïdentifiseer.
Dit word nou verkoop as voedingstofryke Miracolo-meel.
Grossi verbou hierdie geharde graan saam met kleiner gewasse om dit teen gure weer te beskerm en sodoende moderne voedselvoorrade te versterk.










Comments