top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Boerekoor wen Britain's Got Talent

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

'n Koor wat uit boere van regoor Brittanje bestaan, het geskiedenis gemaak deur die gewilde talentkompetisie Britain's Got Talent te wen.


Volgens Landbouweekblad is die Hawkstone Farmers' Choir deur die televisiepersoonlikheid Jeremy Clarkson saamgestel om onder andere boere se geestesgesondheid te ondersteun.


Die koor het die beoordelaars en publiek in die finaal beïndruk met hul oorspronklike liedjie, This is Home, en is die eerste koor nóg om die kompetisie te wen.


Die wenners ontvang sowat R6 miljoen in prysgeld en het onderneem om 'n gedeelte daarvan aan organisasies vir geestesgesondheid te skenk.


Die oorwinning het ook die boodskap versterk dat boere se welstand en geestesgesondheid 'n kwessie is wat die hele samelewing raak.


FOTO: Skermgreep
FOTO: Skermgreep

 
 
 

Comments


bottom of page