‘n Boete word van Mashatile se salaris afgetrek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 13
- 1 min read
Adjunk-president, Paul Mashatile het besluit om ‘n boete wat die gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange van die parlement hom opgelê het, te betaal. Netwerk24 berig hy is onlangs met R10 000 beboet na hy nie in sy lys van bates ‘n diamant wat die vermeernde diamantbedrieër, Louis Liebenberg, aan die Mashatile-egpaar geskenk het verklaar het nie. Volgens Mashatile wou hy eers die diamant laat waardeer voor hy dit verklaar. Hy sê as ‘n gedissiplineerde lid het hy ingestem dat die bedrag van sy salaris afgetrek word, en voeg by dat die saak nou afgehandel is.





Comments