top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Botshabelo-man is gevind jare nadat hy gemoor het

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 18
  • 1 min read

'n Man van Botshabelo was vir vyf jaar soek vir die moord op sy meisie.


Morena Samson Moleko het in 2021 die polisie gebel het om die misdaad te bely voordat hy verdwyn het. Hy het selfs sy naam voorsien, asook waar die oorledene was.


Die polisie sê in 'n verklaring Moleko is uiteindelik verlede jaar in ‘n informele nedersetting in Gauteng opgespoor en in hegtenis geneem.


Moleko is Dinsdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Maleshoane Majola.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page