‘n Botsing met ’n bees buite Bloem eis een lewe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
’n Botsing met verskeie voertuie op die R30 tussen Brandfort en Bloemfontein het een lewe geëis en verskeie mense beseer.
’n Rondloperbees in die pad het glo die botsing veroorsaak, wat vyf voertuie ingesluit het.
Volgens die Vrystaatse Provinsiale Regering in ’n plasing op sosiale media is agt mense in die voorval betrokke, waarvan twee mense ook ernstig beseer is.
Sewe pasiënte is na verskeie hospitale vervoer vir verdere behandeling.
Verskeie nooddienste het op die toneel gereageer, terwyl verkeer deur owerhede beheer is en motoriste vir moontlike vertragings gewaarsku word.
Padgebruikers word intussen gemaan om versigtig te wees, veral op landelike roetes waar diere in die pad kan voorkom.
Die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, het ook haar meegevoel uitgespreek met die families van die oorledene.
Ondersoeke na die oorsaak van die botsing duur voort.








Comments