top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Botsing met ‘n dieseltenkwa eis een lewe

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 10
1 min read

'n Botsing tussen 'n motor en 'n dieseltenkwa op die R59 tussen Sasolburg en Parys het een lewe geëis.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat die vragmotor ná die botsing aan die brand geslaan het.


Volgens 'n mediaverklaring van die polisie dui voorlopige ondersoeke daarop dat die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor het voordat die twee voertuie reg van voor gebots het.


Die motorbestuurder is op die toneel dood verklaar, terwyl die vragmotorbestuurder beseer is en vir mediese behandeling hospitaal toe geneem is.


Die Sasolburg-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag.


FOTO: Parys Gazette
FOTO: Parys Gazette

 
 
 

Comments


bottom of page