top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Brandende voertuig is vinnig, na ‘n ongeluk, geblus

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2024
1 min read

AfriForum Wilgehof Buurtwag en AfriForum Brandweer het, in samewerking met Fire Ops, gisteraand vinnig gereageer op 'n motorvoertuigongeluk waartydens die voertuig, in Walter Sisulu Rylaan, Bloemfontein, aan die brand geslaan het. Luidens ‘n plasing op Afriforum se sosiale media is die noodroep via whatsapp groepe ontvang en deur middel van AfriForum GVS Beheerkamer is die nodige rolspelers geaktiveer. Danksy die vinnige reaksie en samewerking tussen AfriForum Brandweer/Fire Ops en Mangaung Brandweer is die brand suksesvol geblus en die toneel beveilig.

 
 
 

Comments


bottom of page